Kan Rassie en Jake mekaar op rugbyveld ‘takel?’

Jake White. Foto: KickOff
Jake White. Foto: KickOff

Jake White is in die wedloop om Fidji tydens die 2027-Rugbywêreldbeker af te rig.

Volgens Rapport is White, wat die Springbokke in 2007 na hul tweede Wêreldbekertitel gelei het, een van die kandidate om as hoofafrigter van die eilandnasie oor te neem.

Fidji word tans deur Senirusi Seruvakula afgerig. Hy het vroeër vanjaar op ’n tussentydse grondslag oorgeneem nadat Mick Byrne uit sy pos bedank het.

White se laaste groot afrigtingspos was by die Bulls, waar hy van 2020 tot 2025 aan die stuur was. Hy is tans ’n konsultant by Selborne College in die Oos-Kaap.

Die Springbokke sal Fidji in ’n opwarmingswedstryd voor die aanvang van die 2027-Rugbywêreldbeker pak.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos