Bok-pyn is kortstondig

Eben Etzebeth wys Sondag sy ontevredenheid ná een van die Wallabies se vier drieë. Foto: James Worsfold, Getty Images.

Geen rede tot kommer heers ná Sondag se nederlaag in Perth nie. Die Springbokke het weliswaar Sondagmiddag 42-38 in die Optus-stadion teen die Wallabies verloor, maar die doemprofete kan liefs bedaar, aldus Heyneke Meyer, ’n voormalige Springbok-afrigter.

Meyer het aan Die Papier gesê Bok-ondersteuners moenie té veel in die wedstryd lees nie. Kommer heers wel dat die Bokke selfs ná vier geelkaarte, wat die Italiaanse fluitjieblaser Andrea Piardi aan die Wallabies uitgedeel het, steeds nie die wa deur die drif kon trek nie.

“Mense moenie te veel in die wedstryd lees nie. Dit is goeie spelers wat in aksie was, maar hulle het lanklaas saam gespeel. Jy kan vir weke saam oefen, maar jy het ’n wedstryd of twee nodig om wedstrydfiks te raak.” Paul de Villiers, wat in sy vyfde toets van krag tot krag gegaan het, was weer een van die Bok-uitblinkers. “Paul het vir my uitgestaan, maar dit is onregverdig dat sommige spelers nou deur ondersteuners afgeskryf word.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos