‘Diepe Waters’-manne praat oor seisoen 5

Diepe Waters

Die gevestigde sterre van Diepe Waters is slaggereed vir die vyfde seisoen, en die drama skop sommer dadelik agter die skerms af. Die Papier het by die Sasani-studio’s in Johannesburg met die gesoute akteurs gesels, en daar is ’n splinternuwe familielid wat dinge behoorlik kom omkrap.
In hierdie eksklusiewe video-insetsel gesels Righard van Jaarsveld (Tommie), Johnny Potsanyane (Tsepo) en Chartyn van Heerden (Danie) oor wat kykers in Seisoen vyf kan verwag.

Maar dit is die dinamika tussen die gedugte Gys Swart (Justin Strydom) en sy halfbroer (David Chevers wat die rol van Aiden vertolk) wat omtrent die tonge los het! Die koms van dié nuwe karakter op 7 Oktober beloof om ou familiewonde oop te krap en die magstryd in Boskruin na nuwe hoogtes te dryf. Gys gaan beslis sy hande vol hê met hierdie onverwagse familie-wending.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos