Sondagoggend-slagting by kuierplek naby Strand eis 10 lewens

Foto ter illustrasie. Foto: Argief.
Foto ter illustrasie: Argief.

Die Wes-Kaapse provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Sizakhele Dyantyi, het ’n multidissiplinêre span onder leiding van speurders van die eenheid vir ernstige geweldsmisdaad saamgestel om die skietery te ondersoek waarin 10 mense in die vroeë oggendure van Sondag 27 September in Lwandle doodgeskiet is.

Volgens amptelike polisiebronne het gewapende mans om 01:46 ’n vermaaklikheidsplek waar ook gebraaide vleis (shisanyama) verkoop word, binnegegaan en op die klante begin skiet.

Vyf mense is op die toneel dood, terwyl nog vyf aan hul beserings beswyk het nadat hulle na mediese fasiliteite vervoer is. Nog 11 mense word vir beserings behandel.

Die Lwandle-polisie het sake van moord en poging tot moord geopen.

Speurders is op soek na die verdagtes wat vir die skietery verantwoordelik is, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die name van die oorledenes sal bekend gemaak word sodra hul naasbestaandes in kennis gestel is.

Die polisiebestuur het die ontplooiing in die gebied verhoog terwyl die soektog na die gewapende mans voortduur.

  • Enigiemand met inligting wat die polisie-ondersoek kan help bespoedig, word versoek om Crime Stop by 0860 010 111 te kontak of die MySAPS-toepassing te gebruik. Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos