Hier is die hoofnuus wat vandag, 26 September, gebeur het. Dié artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.
Plaaslik
#BackHer Knap werk op die veld en 6 drieë deur Springbokvroue teen Italië se 4 laat hulle met 41-29 seëvier
#AFCON27 Bafana Bafana het die eerste doel teen Guinea in die 30ste minuut aangeteken, rustydtelling 1-0 in hul guns
#Verkiesingbeloftes PA-leier Gayton McKenzie sê indien verkies sal party binne 100 dae titelaktes aan kwalifiserende inwoners van munisipale behuising uitreik & munisipale skuld sal afgeskryf word
Ná liggaam van 10de vrou in Tembisa gevind is, het Ramaphosa gesê hy is hartseer en skaam oor SA-mans wat vroue vermoor en onderneem om maatreëls in te stel om die probleem aan te spreek
KZN: 24-jarige vrou vermoedelik in die vroeë oggendure deur haar kêrel in sy kamer verwurg ná struweling tussen die twee uitgebreek het
Kaapstad: 3 vasgetrek toe hulle Saterdagoggend onwettig resies op FW de Klerk-boulevard gejaag het, 1 van die voertuie (Mercedes) het teen stilstaande verkeersdienste-voertuig gebots
Laat verandering in Haaie-span teen Ospreys: Murray Koster uit met lastige besering en hy word deur Janco Purchase, wat aanvanklik nie deel van die wedstryd-23 was nie, vervang
Springbokke weier om enige vrae oor kaptein, André Esterhuizen, te beantwoord ná beweerde rassistiese opmerking wat hy as skoolseun gemaak het, weer opgeduik het voor Sondag se toets teen Wallabies
Valke-ondersoekbeampte Xolani Busakwe (42) in arres oor ontvoerings wat met beskuldigde in moord op Gqeberha-aanklaer Tracy Brown verbind word
Man (47) deur Eldorado Park Misdaadvoorkomingseenheid en verkeersbeamptes in hegtenis nadat hy met 87 vloot- en kredietkaarte asook Speed Point-toestel betrap is
#BackHer Bok-vroue pak vandag vir Italië in hul tweede WXV-wedstryd, wedstryd vanaf 14:30 regstreeks op DStv te sien
Premier Group bied W-Kaapse perskeprodusente R3 250/ton om hul voorsieningskontrakte te beëindig namate hy sy vrugteverwerkingsaanleg in Tulbagh sluit, betaling sal einde Oktober geskied, maar produsente moet kontraktuele regte prysgee
Polisie in NW het verdagte (38) Vrydag in Vryburg in hegtenis geneem wat vermoedelik met verskeie verkragtingsake verbind word ná uitgebreide ondersoek deur verskeie spesialis-eenhede, DNS-bewyse het verdagte positief aan sake verbind
Opod waarsku teen indiening van vals strafregtelike klagtes ná inhegtenisneming van vrou (18) wat vals verkragtingsaak teen polisielid van Kimberley aanhangig gemaak het
Liggaam van gedeeltelik geklede vrou vanoggend by Mooifontein-begraafplaas in Tembisa gevind, 10de vrou wat in dié gebied gevind is
Ontbinde liggaam van Athi Zimi Mnguni (11), wat op 30 Augustus 2026 as vermis by Ngqeleni-polisiekantoor aangemeld is, is 24 September 2026 in rivier in Nomcamba-gebied in O-Kaap gevind – liggaam deur familie en gemeenskapslede uitgeken
Verkiesingskommissie van SA (OVK) het Vrydag se uitspraak van die Verkiesingshof verwelkom waarin aansoek deur MKP, wat uitslae van die 2024 provinsiale en nasionale verkiesings betwis het, van die hand gewys is
Internasionaal
Orkaan Polo, wat as kategorie 5-orkaan geklassifiseer word, bedreig die Mexikaanse kus en sal na verwagting Maandag land bereik
Bende wat beplan het om kokaïen en ketamien van meer as £20 m. na VK te smokkel deur dit in besendings bevrore vis te versteek, altesaam tot meer as 71 jaar tronkstraf gevonnis
#AzerbaijanGP Dis George Russel wat 1ste die gestreepte vlag verbygesteek het nadat hy van die begin af die voortou geneem het
#AzerbaijanGP-drama Fernando Alonso moes ook weens tegniese probleme uittree, wat beteken dat albei Aston Martins uitgeskakel is – en ondersoeke wag ná afloop van die ren op Isack Hadjar & Carlos Sainz
Minstens 7 veiligheidslede dood en 20 ander beseer in ontploffing naby kontrolepunt in Dera Ismail Khan in noordweste van Pakistan
Liggame van Amerikaanse paartjie op besoek aan Griekeland Saterdag uit gebou in Plaka, Athene, gehaal na Vrydag se ontploffing waartydens dié gebou in duie gestort het, minstens 4 word steeds vermis
Virat Kohli het bevestig dat die 2027 Internasionale eendagwedstryd-wêreldbeker die laaste een gaan wees wat hy vir Indië gaan speel
Vanweë swaar reën en oorstromings word passasiers aangeraai om ekstra reistyd in te ruim wanneer na Suvarnabhumi- en Don Mueang-lughawens in Bangkok onderweg is
Brasilië se nasionale sokkerspan is in die sop nadat verskeie spelers se reaksie op ’n tradisionele Australiese verwelkomingseremonie as ‘oneerbiedig’ bestempel is
Wyd geprysde roman deur Kanadese-Haïtiaanse skrywer Thelyson Orelien van Prix Goncourt-langlys verwyder ná bewerings op sosiale media dat KI gebruik is om die boek te skryf
Iranse minister van buitelandse sake, Abbas Araghchi, sê sy land het ooreenkoms aan VSA voorgestel waarvolgens die Straat van Hormoes binne ’n week heropen sal word
Franse konjakprodusente van die 300 jaar oue amberkleurige brandewyn worstel met dalende verkope namate handelsgeskille China en VSA druk op die uitvoerafhanklike bedryf plaas en produsente na steun van EU laat soek
Nou word CNN se media-vlerkies nog verder deur die Withuis geknip met verbod om aan boord van Air Force One te vlieg om Trump namens groot TV-netwerke te dek
Nuut ontdekte argiefdokumente laat vrae ontstaan oor of Adolf Hitler moontlik in 1931 sy halfniggie, Angela ‘Geli’ Raubal (23), in sy woonstel in München vermoor het, destyds was amptelike bevinding dat sy haar eie lewe geneem het
Brasilië se president, Luiz Inácio Lula da Silva, het verbod op aanlyn-dobbel en sportweddenskappe aangekondig, enkele dae voor die verkiesing waartydens hy op 4de termyn as president hoop
Jemen se president het ’n beroep op burgers gedoen om by die weermag aan te sluit en het amnestie aan Houthi-vegters aangebied
Dyspierbesering kniehalter Wallaby Josh Canham, word deur Lihan Salakaia-Loto vervang met Lachie Shaw op plaasvervangersbank in kragmeting teen Bokke in Perth
