Hoe werk polisie se keuring, wil Kaapse Forum weet

Heinrich Wyngaard.
Heinrich Wyngaard. Foto: Skermgreep.

Dit is die polisiediens se ver­antwoordelikheid om meer moeite te doen om te verseker aansoeke kom uit die verskil­lende groepe wat onderverteenwoordig is, sê Heindrich Wyngaard, die uitvoerende voorsitter van die burgerregte-organisasie Kaapse Forum.

Die polisie is onlangs deur politieke partye soos die PA en NCC gelooi omdat slegs 11 743 bruin kandidate uit altesaam 1 049 998 aansoeke tydens hul jongste werwingsproses geprioritiseer is.

Ander aansoeke wat geprioritiseer is, is 1 079 wit kandidate, 3 047 Indiërs en die meeste was swart kandidate. Die geprioritiseerde kandidate het voordeel getrek omdat hulle ’n rybewys het, het die polisie later bekendgemaak.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos