Dis die laaste keer dat Max Verstappen voor sy tuisskare die naweek op Zandvoort ’n podiumplek kan najaag.
Die Nederlandse Formule Een is van volgende jaar nie meer deel van die kalender nie.
Daar is egter ’n kinkel in die kabel: Red Bull se Isack Hadjar het ’n gewrigsbesering opgedoen tydens oefening en is uit die resies. Liam Lawson gaan in sy plek wegtrek. Yuki Tsunoda skuif in Lawson se plek die naweek.
Ongeag heers daar groot opgewondenheid vir die pylvak na die einde van die seisoen wat hierdie naweek in Nederland begin.
Net voor die somervakansie is daar reeds ’n duidelike patroon gevestig.
Kimi Antonelli loop redelik ver voor op die puntelys, gevolg deur Lewis Hamilton.
’n Wisselvallige George Russel is kort op hul hakke met Charles Leclerc en Lando Norris ook bykans bymekaar en Verstappen in die sesde plek.
Die renjaerspan van Ferrari – Lewis Hamilton en Charles Leclerc – het ’n interessante dinamiek begin ontwikkel.
Hamilton het met ’n huppel in die stap ontken dat hy sukkel met die grond-effek motors en dit besorg ’n broodnodige stabiliteit aan die Italiaanse span. Leclerc bly blitsvinnig oor ’n enkele ronde, maar hy is wisselvallig.
Ferrari se hoop vir die res van die jaar berus op die balans tussen Hamilton se ervaring en Leclerc se spoed, terwyl die span nog steeds hunker na konstante uitslae.
Mercedes bevind hulle in ’n generasiestryd. Antonelli, die jong sensasie wat drie wêreldkampioene in die middel van die seisoen oorrompel het, toon ’n volwassenheid wat die span telkemale verras. George Russell, briljant maar wisselvallig, sukkel soms om die beste uit sy motor te kry. Mercedes erken self dat die ontwikkelingswedloop tussen spanne groot is.
In die middelveld is die geveg tussen Racing Bulls, Alpine en Williams intens, maar geweldig interessant. Williams is tans onseker of Carlos Sainz by hulle gaan aanbly. Sy kontrak loop ten einde, en kanse is groot dat Fernando Alonso mag uittree, wat die mark soos ’n aardbewing kan skud.
McLaren is ook redelik onstabiel, veral met Oscar Piastri wat gefrustreerd is, en Norris wat meer vertroue in die motor toon.
En nou wag Zandvoort: ’n Kort, tegniese baan met ’n hoë sleurkragprofiel wat renjaers fisiek gaan uitdaag. Kalmte en noukeurigheid vir renjaers gaan oudergewoonte uiters belangrik wees.
Tans sal Norris, Russell en Antonelli onderskeidelik in die eerste, tweede en derde plekke wegspring, met Hamilton, Leclerc en Verstappen wat met die vyfde, sesde en sewende plek tevrede moet wees.
