Aarto in werking, maar strafpunte wag eers tot 2027

Hofsaak.
Foto ter illustrasie: Unsplash.

Ná jare se regsgevegte, uitstel en politieke teenkanting het fase 2 van die Administratiewe Beregting van die Padverkeers­oortredingswet (Aarto) verlede Woensdag amptelik in 62 munisipaliteite oor Suid-Afrika heen in werking getree.

Dit volg skaars ’n dag nadat die hooggeregshof in Pretoria die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging (Salga) se aansoek om die inwerkingstelling te keer, weens ’n gebrek aan dringendheid van die hand gewys het.

Die hof het egter nie oor die meriete van Salga se saak beslis nie, wat beteken die kernkwessies sal nog later aangehoor word.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos