‘Om studente toe te rus dat ’n graad waarde bied’

Bernard Fick, universiteitsraadsvoorsitter van die Universiteit Stellenbosch.
Bernard Fick, universiteitsraadsvoorsitter van die Universiteit Stellenbosch.

Dit was juis twee jaar gelede by sy eie dogter se gradeplegtigheid as mediese student dat Bernard Fick opnuut die kerntaak van ’n universiteit besef het: om studente voldoende toe te rus sodat hulle die nodige bydrae in die ekonomie kan lewer; ook om hul sukseskoers om werk te kry, te verhoog.

Hy is toe pas as lid van die Universiteit Stellenbosch (US) se raad verkies en dit het by hom opgekom: “Die student stap op die verhoog en ’n graad word aan hom of haar toegeken. Wanneer hy of sy daar afstap, tree hulle tot die ekonomie toe ná ’n oordrag van kennis waarmee hulle kan begin werk en verdien.”


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos