Hof dwing NGV op knieë: ‘15 jaar vir NGV . . . en dis optimisties’

Die konstitusionele hof.
Die konstitusionele hof. Foto: www.constitutionhill.org.za.

Die konstitusionele hof se uitspraak dat die staat nie kan besluit waar dokters mag werk nie, is ’n terugslag vir die regering se planne om die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) uit te rol, planne wat reeds ’n “generasie” sou neem, sê prof. Nicholas Crisp, die waarnemende direkteur-generaal van gesondheid.

Crisp, wat ook die NGV-proses lei, het vandeesweek aan Die Papier gesê Maandag se uitspraak in die saak deur Solidariteit, die Suid-Afrikaanse Privaatpraktisynsforum (SAPPF) en ander, “maak dinge effens moeiliker en dit sal waarskynlik dinge effens vertraag”.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos