Madlanga: Tot 18 polisielede al vervolg

Genl.maj. Feroz Khan en die bekende grimeerkunstenaar Maya Mia voor die luukse Houghton-herehuis in Johannesburg.
Genl.maj. Feroz Khan en die bekende grimeerkunstenaar Maya Mia voor die luukse Houghton-herehuis in Johannesburg. Foto: X.

Altesame 18 senior polisielede en wetsoepassingsbeamptes is in hegtenis geneem, geskors of aangekla sedert die Madlanga-­kommissie van ondersoek in September verlede jaar met openbare sittings in Pretoria begin het.

Pres. Cyril Ramaphosa het die kommissie ingestel ná bewe­rings van korrupsie en bande met georganiseerde misdaad binne die polisiediens. Intussen is ’n web van beweerde tenderbedrog, geldwassery, dwelmdiefstal en interne magsgevegte blootgelê.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos