Kan Stillknocks die kritici stilmaak? Dricus du Plessis het in Augustus verlede jaar laas in die agthoek geklim, en sal Sondagoggend sy eerste verskyning maak sedert hy 332 dae gelede die UFC-middelgewigtitel verloor het. ’n Voormalige EFC-middelgewigkampioen, sportsielkundige en Dricus se hoofafrigter lig die sluier op ’n geveg wat Dricus móét wen om weer onder die bestes te tel.
Die “Vusimuzi ‘Cat’ Matlala-spinnekopweb” is besig om weekliks stuk vir stuk voor die Madlanga-kommissie te ontvou. Ons ontrafel die drade en kyk na al die name wat al by dié kommissie genoem is en met Matlala verband hou.
Ons bring ook vir jou die nuutste oor die voortslepende Bok-toetse se peperduur kaartjiepryse en Mynderd Vosloo kyk komies hoekom Saterdagoggende nie meer heerlike tuinwerk insluit nie.

Op die sportblaaie vra Oom Rugby of die Bokke die punt van ’n goeie verdedigingstelsel mis duik, skryf Merwe Coetzee oor die belangrike Bok-toets teen Wallis en beklemtoon Mark Alexander, president van Saru, in ’n eksklusiewe onderhoud met Die Papier die belangrikheid van die Curriebeker-reeks.
Skrywer en joernalis Ilse Salzwedel gesels met dr. Marinda van Niekerk oor PEN, ’n organisasies wat op armoedeverligting in die middestad van Pretoria fokus, en Ready SA, ’n interkerklike ramphulpnetwerk waarvan die NG kerk ’n stigterslid is. “Daar is soveel wonderlike stories in hierdie land. Laat ons mekaar se stories hoor en dit vertel,” sê sy.
In Dink vertel kenners hoe energiedrankies jou bloeddruk laat styg en Karla Janse van Vuuren deel drie resepte waar sitrus en speserye die kollig steel.
Op die speletjiesblad sal dit belangrik wees om te weet wie die Spider-man-akteur Tom Holland se vrou is, watter skrywer die jongklomp in vervoering het met sy honderde boeke én watter Bok-vleuel Saterdag teen Skotland weer skouer aan die wiel gesit het ná ’n besering.
Dít, en nog vele meer in die splinternuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
LEES OOK: Die Papier beloof nuwe lewe vir Afrikaanse drukmedia





You must be logged in to post a comment.