Die Greatest Rivalry-reeks, Curriebeker en ’n splinternuwe rubriek deur voormalige Bok-kaptein Bob Skinstad . . . Die Papier is oudergewoonte propvol rugbynuus wat elke ovaalballiefhebber se hart vinniger sal laat klop. Alles wat jy oor die Greatest Rivalry-toer wil weet, sal jy in dié uitgawe en die daaropvolgende uitgawes vind soos die toer aangaan.
Lees ook meer oor Tweespalt, die nuwe kykNET-dokumentêr wat saam met die eerste volledige All Blacks-toer in 30 jaar in die land uitgesaai word.
Die nasionale vervolgingsgesag moet besluit of hy Dina Pule, die minister van maatskaplike ontwikkeling, weens korrupsie gaan vervolg. Ons skryf ook oor die Paia-aansoek wat die koerant gebring het, wat moes vasstel wat van die korrupsieondersoeke geword het.

Vryskutjoernalis Jurie van der Walt, wat spesialiseer in die Midde-Ooste, skryf oor die nuutste verwikkelinge oor die oorlog in dié gebied en verduidelik hoekom Israel se premier, Benjamin Netanyahu, homself nou tussen twee vure bevind.
Die munisipale verkiesing in November kan ’n skerp toename in sogenaamde koalisies van plaaslike eenheid meebring, meen politieke ontleders. Politieke redakteur, Jana Marx, stel ondersoek in en kyk ook wat die jongste syfers van die kieserslys verklap.
Lees ook meer oor Vanderbijlpark se vuil lug, die skolerugby-voorvalle wat die land laat gons en die Wes-Kaapse landbousektor wat steeds besig is met opruimingswerk nadat die oorstromings in Mei erge skade aan hul landbouinfrastruktuur aangerig het.
Daar is darem maar net iets spesiaals aan tuisgebakte brood. Maak ’n plan en bak sommer die naweek jou eie brood! Ons deel drie resepte.
En weet jy wat die WAT se woord van die week, “puur”, beteken? As jy Die Papier koop, sal jy hierdie woord se betekenis én ’n klomp ander plaaslike- en wêreldkennis uit die blaaie kan puur.
Dít, en nog vele meer in die splinternuwe uitgawe van Die Papier.
- Lees al dié artikels en vele meer in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
LEES OOK: Die eerste uitgawe van die nuwe Afrikaanse weekblad, Die Papier, verskyn môre






You must be logged in to post a comment.