Die nuwe uitgawe van Die Papier is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar

Die Papier nou op straat.
Lees die nuutste uitgawe van Die Papier vandag.

Die nuwe uitgawe van Die Papier is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar


Sacha Feinberg-Mngomezulu en Manie Libbok is deur breier Rassie Erasmus ingesluit by die Bok-span wat die All Blacks in die eerste toetswedstryd van die Greatest Rivalry-reeks moet tem. Ons sport redakteur, Stehan Schoeman, skryf oor wat dit van die Bokke se plan vir dié toets verklap.

10 oud-Springbokke deel spesiale oomblikke en herinneringe teen die All Blacks – herinneringe wat hulle altyd sal koester, met Die Papier.

Een van ons gereelde sportbydraers en gewilde Afrikaanse rugbykommentator, Hennie Koortzen, het ook ’n moet-lees-vertelling oor die All Blacks, gesien van agter sy mikrofoon.

Die inhegtenisneming van ’n 16-jarige seun van Malmesbury het dié werklikheid op Suid-Afrikaanse bodem blootgelê: ’n tiener, ’n rekenaar en internettoegang kan die begin wees van ’n digitale wêreld waarvan ouers onbewus is. Die gevaar lê duidelik nie net op die donkerweb nie . . .

Politici en politieke peilings, met die oog op die komende plaaslike verkiesings, word deeglik deur Jana Marx, ons politieke redakteur, ontleed. Op lesers se aandrang, probeer ons so gereeld moontlik die groot politieke TV-sepie, die Madlanga-kommissie, se verrigtinge saamvat en toelig. Lees gerus Kylie Joubert se berig.

Buitengewone skade is weens vanjaar se storms in Mei aan infrastruktuur en landbouinfrastruktuur oor die Wes-Kaap heen aangerig. Bohemia Hoffmeester-Jumatt het ondersoek ingestel en ook uitgevind wat die impak van droogte ná storms op landbousektor kan wees.

Spotprentkunstenaar Mynderd Vosloo skets ’n behoorlike bok(s)geveg as hy na Saterdag se wedstryd kyk en Inkvlieg wonder wat het van Suzie geword? Sy is mos die berugte kelnerin wat volgens sommige die All Blacks op die vooraand van die 1995-Wêreldbeker, op die einste Ellispark, “vergiftig” het.

Dít, en nog vele meer in die splinternuwe uitgawe van Die Papier.

  • Lees al dié artikels en vele meer in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

ALSO READ: Die Papier beloof nuwe lewe vir Afrikaanse drukmedia

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article