Die nuwe uitgawe van Die Papier is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar

Die Papier.
Kry die nuutste uitgawe van die Afrikaanse-weekblad, Die Papier.

Die nuwe uitgawe van Die Papier is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar


Dina Pule, die nuwe minister van maatskaplike ontwikkeling, wat voorheen aan onetiese gedrag skuldig bevind is, het 10 jaar later steeds nie al haar belange aan die parlement verklaar nie.

Sandi Mbatsha, woordvoerder vir Pule, het Die Papier Donderdag ná saktyd in kennis gestel dat die direkteurskap ’n oorsigfout was, sy eers daarvan bewus geword het met Die Papier se navraag, en dat die minister se kantoor Donderdag met die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom geskakel het om haar as direkteur te verwyder.

“Die onderneming doen geen sake waarvan die minister bewus is nie en ons is in kennis gestel dat haar bedanking as direkteur Vrydag sal wys.”

Dina Pule.
Dina Pule. FOTO: Gallo Images.

Die voormalige SA president Jacob Zuma is weer in die nuus oor sy besoek aan sy vriend Ajay Gupta, en ook prof. Anil Sooklal, SA se hoë kommissaris in Indië, einde Junie. Sooklal se broer het dié besoek as ’n “verleentheid vir die familie” verklaar.

Lees ook meer oor die aardbewings in Venezuela, Britse anti-immigrasiepolitikus Nigel Farage wat bedank as LP en die Franse regse leier, Marine Le Pen, wat wel nou as kandidaat kan staan in volgende jaar se presidentsverkiesing.

Prof. Waldo Krugell skryf oor die ekonomie van rugbykaartjies en ekonoom Heinrich Kruger verduidelik presies hoe jy jou beleggingseiers in veilige mandjies kan versprei.

Alle oë is hierdie naweek op Handré Pollard en Evan Roos wat vir die Bokke sal uitdraf teen Skotland. Pollard se spelpeil in die Verenigde Rugbykampioenskap vanjaar was beslis nie na wense nie. Daarteenoor het Roos nóg ’n uitstekende seisoen beleef. Kan dié twee teen die Skotte bewys dat hulle in die Bok-span hoort?

Joernalis Karla Janse van Vuuren deel drie vinnige, ligte middagetes en Ilse Salzwedel gesels met bekroonde kosskrywer Isabella Niehaus in Dink.

Dít, en nog vele meer in die nuwe uitgawe van Die Papier.

ALSO READ: Ramaphosa’s controversial appointments draw sharp criticism

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article