Die manne van Kimberley het vroeg in die wedstryd met 'n Blitzkrieg van drieë vir Swartland totaal oorrompel. Binne die eerste twee minute van die wedstryd het hulle reeds 'n drie drieë gedruk, om 'n vroeë 15-0 voorsprong te vestig.
Diamantveld het Swartland in Wellington by die Six Gun frill summer sport festival met 50-10 geklop.

Diamantveld het met goeie voorvoet-besit en uitstekende ondersteuningsspel vir Swartland met 50-10 in die twee spanne se rugbykragmeting Maandag, vernietig. Die Noord-Kapenaars was van die eerste fluitjie af in beheer.

Die manne van Kimberley het vroeg in die wedstryd met ‘n blitzkrieg van drieë vir Swartland totaal en al oorrompel. Binne die eerste twee minute van die wedstryd, as deel van die Six Gun Grill Summer Sport Festival wat tans in Wellington plaasvind, het hulle reeds drie drieë gedruk, om ‘n vroeë 15-0 voorsprong te vestig.

Diamantveld se aanvallende spel was indrukwekkend, met die span wat die bal lewendig gehou het deur goeie ondersteuningsspel wat gereelde gapings in Swartland se verdediging geskep het.

‘n Swak uitskop deur Diamantveld het Swartland ‘n seldsame aanvalsgeleentheid gebied, maar die manne van Malmesbury kon nie die kans benut nie. Dimitrios Boutsikaris het hard probeer vir Swartland met gevaarlike lopies om die losgemaal, maar kon nie die momentum keer nie.

In die 11de minuut het Diamantveld weer gedruk na uitstekende ondersteuningsspel, wat die voorsprong na 20-0 uitgebrei het. In die 15de minuut het die Noord-Kapenaars die bal vinnig baie wyd geskuif. Thurswill Vers het sy spoed gewys om Swartland se verdediging skoon te klop en die telling na 25-0 te stoot.

Swartland het in die 19de minuut herlewing begin wys, toe hulle ‘n goeie teenaanvaal geloots het. Dit ná ‘n skop van Diamantveld wat nie uit gegaan het nie. Dié teen aanval het vir hulle eerste punte op die bord gesorg.

Die wedstryd het ‘n interessante wending geneem in die 22ste minuut toe Vers ‘n geelkaart ontvang het vir ‘n onveilige duikslag. Franklin Stevens het in die 24ste minuut ook ‘n geelkaart gekry, wat Diamantveld tot net 13 man op die veld beperk het.

Ten spyte daarvan het Diamantveld steeds 25-5 teen halftyd voorgeloop. Swartland kon nie die geleentheid gebruik om punte aan te teken nie. Hulle het darem daarin geslaag om die damwal vir ‘n tyd nog toe te hou.

Kort na die tweede helfte afgeskop het, was die getalle weer gelyk gewees, met Diamantveld wat adelik weer beheer van die wedstryd gevat het. In die 40ste minuut het Keano Mettler ‘n uitstekende kort lyn gehardloop om deur Swartland se verdediging te breek.

Die volgende minuut het die damwal gebreek toe Deon Koopman kort om die losgemaal deurgebreek het. Een aangee later het Diamantveld weer gedruk vir ‘n 35-5 voorsprong.

Franklin Stevens het sy derde drie in die wedstryd gedruk nadat hy die spasie om die losgemaal goed raak gesien het om die telling op 40-5 te bring. Swartland het moedig aanhou veg en uiteindelik in die 53ste minuut weer gaan druk na ‘n vinnige paar aangeë. Boutsikaris se visie het gereeld geleenthede vir Swartland geskep wat hulle slegs een keer kon benut.

Met vyf minute oor het Diamantveld vanaf ‘n skrum ‘n aanval geloods. Met ‘n kort bal het hulle die lyn gebreek en deur goeie ondersteuningsspel weer gedruk vir ‘n 45-10 voorsprong.

Stevens het sy stempel op die wedstryd afgedruk toe hy in die laaste minuut sy vierde drie gedruk het om die finale telling op 50-10 te bepaal.

Stevens is tereg as speler van die wedstryd aangewys na sy uitstaande vertoning wat vier drieë opgelewer het.

Nog nuus van die toernooi: Tralies lewer kragtige tweede-helfte vertoning om Durbies te klop

Volgens Phillip ‘Vols’ Molnar, wat ongeveer drie jaar terug by Diamantveld van Boland Landbou aangekom het, is hy baie trots op sy span se vertoning.

“Ons het baie goeie rugby gespeel. Ons het heeltemal ons benadering verander. Die eerste twee jaar wat ek hier by Diamantveld was, het ons baie konserwatief gespeel. Bloot omdat ek nie seker was watter spelers beskikbaar is nie. Ek het agter gekom daar is baie talent in die Noord Kaap,” het Molnar gesê.

Die hoë tempo en basiese beginsels wat goed ingeoefen is, lê die fondament vir ‘n goeie seisoen wat voorlê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article