Groot dele van die Noord- en Oos-Vrystaat het in November deurdringende reën ontvang.
Volgens Hendrik Knobel, Vrystaat Landbou se verteenwoordiger vir die Bethlehem-distrik, het dit vanjaar beduidend meer in Oktober en November gereën as verlede jaar. Ná ‘n bo-gemiddelde nat Januarie tot April, en weer ‘n bogemiddelde nat Junie tot Julie.
Hy sê die oorvloedige reën laat die plantseisoen stadiger vorder, al het vroeë planters reeds sojas, mielies en sonneblomme in die grond.
Die nag temperature was begin Oktober met die aanvang van planttyd baie laag met gevolg die grondtemperature was te koud was om te begin plant
Teen die tweede helfte van Oktober het minimumtemperature wel gestyg, maar gereelde buie het toe weer die planttoestande bemoeilik.

Knobel sê nóg reën word vir die week voorspel. Hoewel die optimum planttyd vir mielies in die Oos-Vrystaat op 30 November eindig, kan boere dit tot in die tweede week van Desember uitrek. Nat kolle op lande dwing boere egter om om hierdie dele te plant, terwyl suikerbone, met ‘n plantvenster van
1 tot 31 Desember, tot die eerste week van Januarie uitgestel kan word.
Sonneblomme kan steeds tot in Januarie aangeplant word, en baie boere oorweeg dit as alternatief waar mielies nie betyds geplant kan word nie.
“Verlede jaar het ons 85 mm gemeet, en vanjaar tot Maandag 24 November reeds 137 mm,” sê Knobel.
In Clarens het Cecile Nijland 148,4 mm vir November aangeteken, met 34,4 mm op Maandagoggend 24 November alleen.
Len Smith van Kroonstad sê dit reën aansienlik meer as die afgelope twee jaar, met 175 mm sedert begin November. “Die vyfjaar-gemiddelde vir November is sowat 158 mm,” verduidelik hy.
Volgens Isoldé Laesecke van Bethlehem is 98 mm vir November 2024 gemeet, terwyl vanjaar se totaal reeds 94 mm is en dit reën steeds.
Die Suid-Afrikaanse Weerdienste in Bloemfontein voorspel bewolkte, koel tot warm toestande met verspreide buie en donderbuie vir die streek.
Veeboere het ook ‘n uitdaging omdat die grond so nat is kry die skape en beeste vrotpotjie.
LEES OOK: Western Cape dam levels show alarming decline: 2025 levels drop significantly






You must be logged in to post a comment.