DA
Stephen Korabie. Foto: Drakenstein-munisipaliteit/ webtuiste

Die DA het Stephen Korabie vandag tydens ‘n regstreekse uitsending as sy burgemeesterskandidaat vir Drakenstein vir die 2026-plaaslike verkiesing aangewys, wat hom sentraal plaas in die party se veldtog in dié munisipaliteit.

Korabie is een van ’n groep kandidate wat vir munisipaliteite reg oor die Wes-Kaap aangekondig is.

Korabie is op 5 April 2024 as burgemeester verkies nadat Conrad Poole op 28 Februarie dieselfde jaar deur ’n wantrouemosie verwyder is. Die wantrouemosie het gespruit uit bewerings van korrupsie nadat Poole glo ’n betaal-vir-werk-skema bedryf het.

Die res van die burgemeesterskandidate in die Wes-Kaap sluit in Trevor Abrahams (Witzenberg), Browen Johnson (George) en Jeremy Fasser (Stellenbosch), asook Jessica Kamkam (Bitou) en Marais Kruger (Tuinroete-distrik).

Verder is Raymond Ross (Kaap Agulhas), Richard van Huyssteen (Matzikama) en Harold Cleophas (Swartland) aangewys, met Clinton Lerm (Overstrand) en Mario Wessels (Bergrivier), wat die provinsiale lys voltooi.

Hoewel die aankondiging die DA se breër provinsiale strategie weerspieël, word in die Kaapse Wynlande veral op Drakenstein gefokus, waar Korabie die party se veldtog sal lei.

LEES: Hill-Lewis elected DA leader as new leadership team unveiled

Die aankondiging van die kandidate volg kort op die DA se federale kongres, wat vroeër in April in Midrand gehou is en waar ’n nuwe nasionale leierskapspan verkies is.

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, is as die party se nuwe federale leier aangewys en volg John Steenhuisen op.

Solly Msimanga is as federale voorsitter verkies, terwyl Ashor Sarupen as voorsitter van die federale raad sal dien.

Die party het ook Solly Malatsi, Cilliers Brink en Siviwe Gwarube as federale adjunkleiers bevestig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article