Koos Steyn verkies as streeksvoorsitter
DA-ondersteuners tydens die streekskongres in die Worcester-stadsaal. Foto: Demokratiese Alliansie Wes-Kaap/Facebook

DA Wes-Kaap kies nuwe streeks leierskorps in Worcester

Koos Steyn verkies as streeksvoorsitter
DA-ondersteuners tydens die streekskongres in die Worcester-stadsaal. Foto: Demokratiese Alliansie Wes-Kaap/Facebook

WES-KAAP – Koos Steyn is op Saterdag (30 Mei) op die DA se Wes-Kaapse streekskongres herverkies tot streeksvoorsitter van die leierskapskorps wat die party gaan lei in die aanloop tot in die munisipale verkiesing op Woensdag 4 November vanjaar en die nasionale verkiesing in 2029.

Wendy Kaizer-Philander is verkies tot eerste streeks-ondervoorsitter, Avron Appollis tot tweede streeks-ondervoorsitter en Donovan Joubert tot derde streeks-ondervoorsitter.

Antoinette Steyn, tans uitvoerende burgemeester van die Breedevallei-munisipaliteit (BVM), is verkies tot streeks-sekretaris, terwyl Daylin Mitchell verkies is tot streeksvoorsitter van finansies.

Die bykomende lede is Lorraine Meyer, Reginald Pheiffer, Dirk Swart, Freek Jacobs, Aiden Stowman en AK Warnick.

Koos Steyn op die DA se Wes-Kaapse streekskongres herverkies tot streeksvoorsitter
Koos Steyn spreek die kongres toe ná sy herverkiesing tot die DA se streeksvoorsitter. Foto: Demokratiese Alliansie Wes-Kaap/Facebook

Die kongres wat in die Worcester-stadsaal plaasgevind het, is ook bygwoon deur onder andere die DA se Wes-Kaapse leier, Tertius Simmers, dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR vir landbou en ekonomiese ontwikkeling, asook honderde ander DA-aktiviste van die Breedevallei, Stellenbosch, Langeberg, Swartland, Cederberg, Matzikama, Saldanha, Bergrvier, Drakenstein en Witzenberg.

In sy hoedanigheid as herverkose streeksvoorsitter, sê Steyn, dis vir hom ‘n groot voorreg om hierdie streek met wie hy so ’n lang en noue verbintenis het, weer te kan dien.

Volgens hom is hy verbind tot die streek. “Die harde werk begin nou. Ons moet nou die DA oor die wenstreep kry,” sê Steyn.

“Die besluite wat geneem gaan word, gaan gemeet word aan ‘is dit die beste vir ons mense daarbuite?’ As ons dít doen gaan ons hierdie verkiesing los hande wen. Ons wil nie een munisipaliteit in hierdie streek verloor nie.

“Ons wil he die DA moet elke munisipaliteit regeer, want ons gaan ons beste doen vir almal daarbuite. Vandag staan ons met ‘n uitstekende span voor ons.”

Simmers sê op sy beurt: “Vandag is ‘n oomblik waar die toekomstige rigting van elke munisipaliteit in ons provinsie bepaal gaan word. Hierdie oomblik is baie groter as wat ons dink. Vandag gaan dit oor leiers wat ons tot in die toekoms gaan lei; leiers wat moet verseker dat ons ná 4 November stabiliteit het; leiers wat moet verseker dat hulle die vertroue in elke gemeenskap regoor die Westelike streek moet behou, herwin en laat groei.”

Volgens Simmers gaan verkiesings nie net oor slagspreuke nie. Hy sê verkiesings word gewen deur geloofwaardige plaaslike leierskap op die grond tussen die mense.

“Ons leiers moet ons gemeenskappe verstaan, want deesdae word hulle gemeet aan wat hulle kan doen,” verklaar Simmers.

Meyer het op sy beurt ook van die geelentheid gebruik gemaak om die burgemeesters in die streek te bedank vir hoe hulle die onlangse stormweer wat ‘n spoor van verwoesting in groot dele van die Wes-Kaap gelaat, benader het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article