Ruan Heffenaar, van Noorder Paarl Hoërskool, lui vir die laaste keer die handklok. Foto: Chantélle Hartebeest
Ruan Heffenaar, van Noorder Paarl Hoërskool, lui vir die laaste keer die handklok. Foto: Chantélle Hartebeest

Matrikulante stap uit voor die begin van eindeksamen

Ruan Heffenaar, van Noorder Paarl Hoërskool, lui vir die laaste keer die handklok. Foto: Chantélle Hartebeest
Ruan Heffenaar, van Noorder Paarl Hoërskool, lui vir die laaste keer die handklok. Foto: Chantélle Hartebeest

Verskeie skole in Drakenstein het hul matrikulante tydens Uitstapdag vereer en sterkte toegewens voor die aanvang van hul eindeksamen op Dinsdag (13 Oktober).

Stephen Korabie, uitvoerende burgemeester van Drakenstein, en dr. Elna von Schlicht, uitvoerende burgemeester van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, het ook hul boodskappe van ondersteuning aan die matrikulante gerig.

LEES OOK: Matrikulante maak reg vir eindeksamen

Korabie het matrikulante aangemoedig om op hul voorbereiding te vertrou, gedissiplineerd te bly en elke eksamen met selfvertroue aan te pak.

“Die eksamens wat voorlê, gaan nie net oor punte nie – dit gaan oor dissipline en die lesse wat julle vorentoe saamneem.”

Hy het matrikulante daaraan herinner dat hul families, onderwysers en gemeenskappe hulle ondersteun terwyl hulle voorberei om hul skoolloopbane te voltooi. Korabie het hulle ook aangemoedig om hul tyd doeltreffend te bestuur, te rus wanneer nodig en nie toe te laat dat vrees hul pogings ondermyn nie.

“Skryf met moed. Eindig sterk. Weet dat Drakenstein-munisipaliteit julle ondersteun.”

Von Schlicht het dié boodskap beaam en leerders aangemoedig om gefokus en vasberade te bly terwyl hulle hul finale eksamens aflê.

“Vertrou op die harde werk en voorbereiding wat julle tot op hierdie punt gebring het. Bly gefokus, bly vasberade en pak elke eksamen een stap op ‘n slag aan.”

LEES OOK: Umalusi ready for final exams, pledges tight monitoring of irregularities

Sy het gesê die Kaapse Wynland-distrik is trots op sy matrikulante en glo in hul toekoms. Sy het hulle sterkte toegewens terwyl hulle werk om uitslae te behaal wat deure na verdere geleenthede kan oopmaak.

“Mag julle pogings beloon word… Sterkte. Ons staan agter julle.”

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article