Kom kuier Vrydag 31 Julie by vanjaar se Suide-kerkbasaar in Altonapark in Fichardtpark. FOTO: Verskaf

Tien gemeentes span saam vir groot kerkbasaar in Bloemfontein

,
Kom kuier Vrydag 31 Julie by vanjaar se Suide-kerkbasaar in Altonapark in Fichardtpark. FOTO: Verskaf

Die Suide-kerkbasaar, waar 10 gemeentes in die suide van Bloemfontein saam een geleentheid aanbied, is elke jaar ‘n hoogtepunt in Bloemfontein.

Wanneer die basaar op Vrydag 31 Julie om 13:00 in Altonapark in Fichardtpark 13:00 begin, is dit die plek om byeen te kom. Die geleentheid word ‘n vierde jaar agtereenvolgens gehou.

Tafels by 'n vorige Suide-kerkbasaar. FOTO: Verskaf
Tafels by ‘n vorige Suide-kerkbasaar. FOTO: Verskaf

Omdat daar so baie hande is wat saamwerk, is die verskeidenheid groot – van burgers tot braaivleis, pannekoek tot potjiekos, spookasem tot speletjies. Ook vermaak word gebied, onder meer deur pompon-groepe en trompoppies, en in die vorm van karate-demonstrasies, waterstewel-danse en selfs doedelsak-musiek.

Die hart agter die Suide-kerkbasaar is om verskeie gemeentes die geleentheid te gee om geld in te samel. Saamkuier en lag span egter die kroon.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article