Die stoeiers van die Sand du Plessis-amateurstoeiklub is van links, voor: Nathan Cloete, Joshua Pienaar, Van Zyl Kriel, Hanco Smit en Liam van den Bergh; middel: Jandre Meiring, Pieter van Rooyen, Dian Vosloo, Hugo Ferreira, Benhardus van Heerden en Jan Daniel Marais; agter: Duan de Klerk, Divan Potgieter, Kobus Helberg, Gert Grobbelaar, Astian Fick, Lorenzo van Aswegen en Arlo Ferreira. FOTO: Verskaf

Stoeiers wys wat vreeslose vasbyt kan uitrig

, ,
Die stoeiers van die Sand du Plessis-amateurstoeiklub is van links, voor: Nathan Cloete, Joshua Pienaar, Van Zyl Kriel, Hanco Smit en Liam van den Bergh; middel: Jandre Meiring, Pieter van Rooyen, Dian Vosloo, Hugo Ferreira, Benhardus van Heerden en Jan Daniel Marais; agter: Duan de Klerk, Divan Potgieter, Kobus Helberg, Gert Grobbelaar, Astian Fick, Lorenzo van Aswegen en Arlo Ferreira. FOTO: Verskaf

Die Sand du Plessis-amateurstoeiklub het op Saterdag 18 April uitstekend gevaar op die tweede Vrystaatliga-byeenkoms, wat by die Goudveld-stoeiklub in Riebeeckstad aangebied is.

Altesaam 161 inskrywings is vir die byeenkoms ontvang, waarvan 55 van die Sand du Plessis-amateur-stoeiklub.

Lede van die klub het 32 eerste plekke, 10 tweede plekke en 6 derde plekke behaal.

Deelnemers het in verskillende ouderdomsgroepe en gewigsafdelings meegeding.

Die standaard van stoei was besonder hoog, en sterk kompetisie is deurgaans tussen die onderskeie klubs ervaar.

Die Sand du Plessis-amateurstoeiklub se stoeiers kom van verskillende skole in Bloemfontein en omgewing.

Benewens dié wat tuisonderrig ontvang, sluit dit leerders in van: Grey-kollege, die Laerskool Sentraal, die Laerskool Jim Fouché, die Laerskool President Brand en die Laerskool Universitas.

Die jong stoeiers het deur die loop van die ligabyeenkoms uitstekende dissipline, deursettingsvermoë en spanwerk getoon.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article