’n Leerling en ‘n onderwyseres van die Hoërskool Salomon Senekal van Viljoenskroon is Vrydag 3 April omstreek 08:15 in ‘n ernstige ongeluk op die N1, 5 km buite Winburg beseer.
Ten tyde van die ongeluk was die skoolbussie op pad na ‘n hokkietoermooi in Bloemfontein.
Die Winburg-polisie is na die ongelukstoneel ontbied en het met hulle aankoms twee voertuie ontdek. ‘n Wit Toyota Quantum en ‘n Wit Hino-vragmotor.

Volgens ‘n polisie-woordvoerder het die twee voertuie albei ‘n suidelike rigting gery. Die wit Hino-vragmotor het agter die Toyota Quantum gery wat skoolleerders en skoolpersoneel vervoer het. Die Toyota Quantum is na bewering van agter deur die Hino-laebakvragmotor getref. Die bestuurder van die Quantum het beheer verloor, en die voertuig het ‘n paar keer van die pad afgeswaai en omgeslaan voordat dit tot stilstand gekom het.
LEES OOK: Kerkgangers ernstig beseer in botsing buite Malmesbury(Opens in a new browser tab)
Twee vroue van onderskeidelik 15 en 24 jaar oud het ligte tot ernstige beserings opgedoen. Hulle is na verskillende hospitale geneem vir behandeling. Ander passasiers het op die toneel behandeling ontvang vir skok en ligte beserings. Novus verneem dat die onderwyseres ‘n sleutelbeen-operasie ondergaan het.
Omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, sal deel vorm van polisie-ondersoeke. ‘n Saak van roekelose en nalatige bestuur is aanhangig gemaak.







You must be logged in to post a comment.