'n Optog is Dinsdag 30 Junie deur Bloemfontein se strate gehou.
‘n Optog is Dinsdag 30 Junie deur Bloemfontein se strate gehou.

Optoggangers eis optrede teen onwettige immigrante in Mangaung

, ,

Die optog deur Bloemfontein se strate het Dinsdag 30 Maart ordelik en vreedsaam verloop. Daar is op die nippertjie besluit om die twee optogte in Bloemfontein te kombineer, en die leiers het goed saamgewerk om ‘n groep van sowat 600 deelnemers ordelik deur die strate van die stad te neem.

Die Bloemfontein 051-optog sowel as die optog van verskillende rolspelers het reeds voor 11:00 vertrek vanaf Dr. Belcherweg en het ‘n roete deur die middestad tot in St. Andrewstraat gevolg.

Die premier MaQueen Letsoha-Mathae teken ontvangs van die versokskrifte.
Die premier MaQueen Letsoha-Mathae teken ontvangs van die versoekskrifte voor die O.R Tambo-gebou. By haar (links) staan Vincent Thoabala, organiseerder van die 051 Bloemfontein-optog. FOTO: Lientjie Mentz

Optoggangers het kort na 12:00 by die O.R. Tambo-gebou aangekom waar die versoekskrifte voorgelees is. Die premier MaQueen Letsoha-Mathae en die LUR vir gemeenskapsveiligheid en paaie Jabu Mbalula was onder die regeringslui wat die optoggangers ingewag het.

Optoggangers by Hoffmanplein op pad na die O.R Thambogebou
Optoggangers by Hoffmanplein op pad na die O.R Tambogebou. FOTO: Lientjie Mentz

Deurentyd was daar ‘n sterk verteenwoordiging van die polisie – tydens die optog en ook by die O.R. Tambo-gebou waar die versoekskrifte aan die premier oorhandig is.

Teboho Selelane, provinsiale koördineerder en hooforganiseerder van die 30 Junie-optog het die versoekskrif van die Souht African Union of Spaza Shops (SAUSS) voorgelees.

SAUSS vra toegang vir jeug om aan die Vrystaat-ekonomie deel te neem, nie tekort aan vaardighede nie, is die hoofprobleem. “Ons kinders sit tuis met hul kwalifikasies. Die Vrystaat het grond, minerale, landbou, nywerhede, universiteite, tegniese en beroepsonderwys- en opleidingskolleges, en nagraadse studente. Ambagsmanne het gereedskap, maar geen kontrakte nie. Ons Spaza-winkels het kliënte, maar geen kapitaal nie. Hierdie dag, 30 Junie, dien as ‘n opdrag aan die Vrystaat-regering om onmiddellik die township-ekonomie vir die mense van Bloemfontein en Suid-Afrika te ontsluit. Ons wil hê ‘n minimum van 40% verkryging moet aan plaaslike klein ondernemings, vervaardigers en koöperasies toegeken word.”

Die March and March-optog draai in Charlotte Maxekestraat in. Die banier lees Mars, Mars totdat ons wen. Hulle met loop.
Die March and March-optog draai in Charlotte Maxekestraat in. Die banier lees Mars, Mars totdat ons wen. Hulle moet loop (met verwysing na ongedokumenteerde uitlanders). FOTO: Teboho Setena

Die provinsiale kommissaries van polisie Lt. Gen. Thabang Lesia het Maandag tydens ‘n nuuskonferensie gesê die polisie het R20 miljoen begroot vir die beveiliging van stad in opbou tot die protesaksie op 30 Junie. Polisievoertuie was van vroeg af oral in die stad sigbaar.

Met die ontvangs van die versoekskrifte het Letsoha-Mathae die optoggangers verseker dat die owerhede op eise rakende ongedokumenteerde buitelanders sal reageer.

Reboho Riginald Selelane (met die mikrofoon) provinsiale koordineerder en hooforganiseerder lees sy memorandum voor.
Teboho Riginald Selelane (met die mikrofoon) provinsiale koordineerder en hooforganiseerder van die optog lees sy memorandum voor. FOTO: Lientjie Mentz

“Dit is ons mandaat om te verseker dat ons aan Suid-Afrikaanse wegtewing voldoen volgens jul eise.

“Ons vra egter ook dat Suid-Afrikaners wetsgehoorsaam moet wees. Ons vind daar is talle vroue wat betrokke raak by ooreenkomste met buitelanders sodat hulle op ‘n onwettige manier dokumente, visums, paspoorte en ID-dokumente kan kry deur skyn-huwelike,” het sy aan die groep gesê.

Sy het die betogers bedank dat hulle die optog in ‘n goeie gees onderneem het en dat daar geen plundery was nie.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article