Ignus Rocher, vanjaar se gasspreker op Martie du Plessis se Aand van die Sterre. FOTO: Lientjie Mentz

Lewe nie verby, net ‘anders’ sê gasspreker op Aand van die Sterre

, , ,
Ignus Rocher, vanjaar se gasspreker op Martie du Plessis se Aand van die Sterre. FOTO: Lientjie Mentz

BLOEMFONTEIN – Die meeste mense het ‘n oomblik in hul lewe – ‘n oomblik wat ‘n voor en ‘n ná onderskei.

Oud-Bloemfonteiner Ignus Rocher het tydens ‘n spesiale Aand van die Sterre by die Martie du Plessis-skool kom gesels oor daardie oomblik.

As gasspreker was sy ‘n boodskap vir elk van die sowat 700 gaste by vanjaar se geselligheid op 17 September bedoel.

By vanjaar se Aand van die Sterre was spesiale gaste van links Cindy Swanepoel
By vanjaar se Aand van die Sterre was spesiale gaste van links Cindy Swanepoel (seremoniemeester), Ignus Rocher (gasspreker) en Jacobus Silwer (gaskunstenaar). FOTO: Lientjie Mentz

Ignus het in 2007 matriek aan die Hoërskool Jim Fouché geskryf en het in 2016 as ‘n siviele ingenieur in Kaapstad gewerk toe hy op ‘n Contiki-toer saam met vriende na Europa gegaan het.

In Split in Kroasië, het Ignus in die see geduik. Hy het teen ‘n rotsrif vasgeduik en het sy C5-rugwerwel gebreek wat hom ‘n kwadrupleeg gelaat het.

Die een oomblik was ek nog ‘n gewone jong man met gewone planne en drome, die volgende oomblik het alles verander.

“Daar was geen waarskuwing en geen drama nie. Dit het begin soos ‘n doodgewone dag. My lewe het nie voor my verbygeflits nie – dit het net gebeur. Niks het my voorberei op daardie oomblik nie.”

LEES OOK: Tuin verryk kinders se leer-ervaring in terapie-sessies.

Ignus sê die meeste mense het so ‘n oomblik. “Vir my was dit ‘n rots, vir ander kan dit die einde van ‘n loopbaan wees, ‘n diagnose, ‘n egskeiding, die verlies van iemand of ‘n onderneming wat misluk. Die oorsaak verskil, maar vir ons almal is daar ‘n lewe vóór daardie oomblik en die lewe daarná.”

Hy sê dit gaan nie oor die oomblik nie, maar hoe jy aangaan met jou lewe daarna.

“Myne is nie ‘n storie oor gestremdheid nie, dit ‘n storie van wat aangaan met die lewe wat nie meer dieselfde lyk as soos ek jare gelede verwag het nie.

Francois van Heerden  (middel) en die nuwe skoolhoof Piet Botha
Die voormalige skoolhoof van Martie du Plessis Francois van Heerden (middel) en die nuwe skoolhoof Piet Botha (regs) het aan Johan Grobbelaar (Grobbies, links) ‘n blykie van waardering oorhandig vir sy jarelange betrokkenheid en hulp met die skool se Aand van die Sterre. FOTO: Lientjie Mentz

“Almal se oomblik is nie altyd sleg nie, soms is dit iets goed. Jou oomblik is dalk nog in jou toekoms.”

Hy sê die ongeluk het hom gewys hoe waardevol dinge is waaroor hy nooit gedink het nie.” Ek het ‘n lang tyd in die hospitaal en daarna in rehabilitasie spandeer. Ek moes weer leer hoe om die basiese dinge te doen. Dinge waaroor ek nooit eers gedink het nie, is nou vir my onmoontlik om te doen.”

Met verloop van tyd, het sy nuwe realiteit vir hom normaal geword. “Stadig het die lewe wat eens vir my ondenkbaar was, eenvoudig my lewe geword. Ek is geseën met ‘n wonderlike vrou en dogter en ons verwag nog ‘n kind. Ek doen ‘n werk wat saak maak. As iemand vir my hierdie lewe op my hospitaalbed beskryf het, sou ek dit nie geglo het nie.”

Tog sê Ignus, as hy kon teruggaan en alles verander, sou hy nie. “Om daardie een dag in Split ongedaan te maak, is om alles wat daarna gekom het ongedaan te maak. Ek sou nie die werk gedoen het wat ek vandag doen nie, ek sou nie met Inge getrou het of in Grootbrak gebly het nie. Ons sou nie ons dogter Leah gehad het nie. Die mense vir wie ek die liefste is, is daar omdat my lewe so geloop het ná die ongeluk.

ALSO READ: Empowering the differently abled at Martie du Plessis.

“Wanneer jou oomblik kom, dink jy jou lewe is verby. Dit is eers later dat jy besef dat ‘n ander lewe stilweg begin het.”

Dit was vanjaar die 23ste Aand van die Sterre wat ten bate van Martie du Plessis aangebied is.

Die voormalige skoolhoof Francois van Heerden, het op die geleentheid gesels oor die talle projekte wat danksy dié jaarlikse geldinsamelingsgeleentheid moontlik gemaak is.

Vanjaar se insameling gaan om ‘n buite-speelarea vir preprimêre skool op die terrein in te rig. Die doel met die projek is om ‘n inklusiewe ruimte te skep wat vir die kleuters ‘n natuurlike verlengstuk van die klaskamer kan word.

Jacobus Silwer was die gaskunstenaar en die seremonimeester was Cindy Swanepoel.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article