Die nasionale byeenkoms van World Fitness Federation South Africa (WFFSA) word op 28 en 29 Augustus in Bloemfontein aangebied.

Die federasie se nasionale kompetisie is in 2021 laas in die stad gehou en dit bied dus nou vir die eerste keer in ‘n lang tyd die perfekte geleentheid vir Vrystaters en deelnemers van nabye provinsies om op so ‘n groot byeenkoms mee te ding.

Die WFFSA fokus benewens kompetisie ook op die bevordering van ‘n gesonde leefstyl, dissipline, selfontwikkeling en sportmanskap. In Suid-Afrika het die WFFSA onder leiding van die Suid-Afrikaanse en Afrika-WFF-president, Hende-Mari Strydom van krag tot krag gegaan. Die Vrystaatse federasie is lid van die Vrystaat-sportkonfederasie.

Die WFFSA se nasionale kampioenskapsbyeenkoms is jaarliks ‘n hoogtepunt van die kompetisie seisoen. Deelnemers van oor Suid-Afrika heen kwalifiseer deur streek- en provinsiale kompetisies om op die nasionale verhoog te wees. Die geleentheid dien ook as platform vir internasionale deelname.

Vanjaar se kompetisie begin op 29 Augustus om 13:00 in die Big Willie-auditorium by Tempe. Deelnemers registreer die vorige dag van 16:00 tot 18:00 by Sangiro Lodge. Ná registrasie sal ‘n inligtingsessie plaasvind wat verpligtend is.

Kry inligting oor die afdelings en deelname deur Esramé Pelser by 072 698 8666 te bel.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article