Anri Rautenbach is ‘n nasionale kampioen in die o.17-ouderdomsgroep.

Hoogspringers neem binnekort internasionaal deel

,

Twee leerders aan die Hoërskool Jim Fouché is in die Suid-Afrikaanse skole-atletiekspan ingesluit wat van 31 Augustus tot 3 September aan die internasionale kampioenskapsbyeenkoms in Bulawayo, Zimbabwe, gaan deelneem.

Anri Rautenbach het die afgelope atletiekseisoen uitstekend gevaar en was die hoogspringkampioen in die o.17-ouderdomsgroep op die Suid-Afrikaanse nasionale atletiekbyeenkoms. Franzelle Barnard was die hoogspringkampioen in die afdeling vir meisies o.15.

Franzelle Barnard is 'n nasionale o.15-kampioen.  FOTO'S: Verskaf
Franzelle Barnard is ‘n nasionale o.15-kampioen. FOTO’S: Verskaf

Altesaam 12 Vrystaters en 88 Suid-Afrikaners gaan aan die byeenkoms in Zimbabwe deelneem.

Vir Anri en Franzelle beteken insluiting in die span meer as net internasionale blootstelling en mededinging teen strawwer kompetisie. Dit bou ook ‘n platform vir ‘n moontlike professionele loopbaan in atletiek.

Die twee word deur Theo Senekal afgerig.

Saam met hul afrigter, Theo Senekal, is Anri Rautenbach (links) en Franzelle Barnard.
Saam met hul afrigter, Theo Senekal, is Anri Rautenbach (links) en Franzelle Barnard.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article