Sy vyfjaarplan het beslis vrugte afgewerp, sê die afrigter van die Suid-Vrystaat se rolbalspanne wat goud en silwer op die nasionale kampioenskap gewen het.

Die o18-Suid-Vrystaatse wenspan is van links Karli Botha, Christiaan Botha, Jayden Jansen van Vuuren, Keagen Minepetros en Andy Peterson (bestuurder). Foto’s: Lientjie Mentz

Die kampioenskap vir die o.15- en o.18-spanne is van 29 Maart tot 1 April op die bane van die Orangia-rolbalbane gespeel, terwyl die o.25-spanne op die bane van die Oud-studente-sportklub meegeding het. Die finale is Dinsdag by Orangia gespeel.

Marius Jansen van Rensburg, afrigter van die spanne wat die week aan Rolbal Suid-Afrika se nasionale kampioenskap in Bloemfontein deelgeneem het, kan met reg trots wees op sy spanne.

Die o.18 A-span het in ‘n naelbytfinaal teen die span van Gauteng-noord met 18 – 16 gewen.

Dit is die eerste keer dat ‘n span van Suid-Vrystaat ‘n afdeling van dié kampioenskap wen.

Die plaaslike o.15A-span van wie daar baie verwag is, het in die finaal teen Westelike Provinsie A gespeel wat die Suid-Vrystaters met een punt gewen het.

Twee spanne van Botswana was onder die 96 spanne van oor die land heen wat aan die kampioenskap deelgeneem het.

Lyla Young, Rolbal Suid-Afrika se vise-president, sê hierdie indrukwekkende deelname beklemtoon die groeiende belangstelling en talent in junior rolbal oor die land heen.

“Die sukses van hierdie toernooi onderstreep die belangrikheid van jeugontwikkeling in rolbal en dien as ‘n bewys van die harde werk en toewyding van beide spelers en afrigters.”

Jansen van Rensburg sê wat lekker is van die plaaslike spanne, is dat almal goed gespeel het.

“Ons ontwikkelingspan wat almal minder as ‘n jaar speel, is almal leerlinge van die St Michael-skool. Hulle het goed gespeel en ons glo dat dit vorentoe goed sal gaan met hulle.”

Die Suid-Vrystaatse o.15-span het ‘n silwer medalje op die toernooi verower. Hulle is van links Ewald Boje, Galatsang Seiteisho, Erich Boje en Xander Nikolov.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • BloemNewsExpress – E-Edition – 20 August 2026
    Unstoppable. That was the theme of the Women’s Day shooting event hosted by Koeberg Firearm Solutions on Saturday 15 August. Experienced women shooters, as well as first-timers, had the chance to fire different weapons on the shooting range – assisted by experienced instructors of the Arizona Shooting Range. Read the remarkable story of a young woman fighting cancer who fulfilled her dream of shooting a firearm at the event on bloemnewsexpress.co.za. Women getting the day’s activities off to a start are from the left Lucinda Campbell, Mollie Groenewald, Meloney Shariff and Karin de Wet. More photos online. PHOTO: Lientjie Mentz

Gift this article