Die wenspan van die Hoërskool Jim Fouché is van links Charne Cloete, Genevieve Muller, Kayla Labuschagne, Hanél Browne en Giselle van Niekerk. FOTO: Verskaf

JF se pluimbalspan gekroon as topspan

, ,
Die wenspan van die Hoërskool Jim Fouché is van links Charne Cloete, Genevieve Muller, Kayla Labuschagne, Hanél Browne en Giselle van Niekerk. FOTO: Verskaf

Die meisiespluimbalspan van die Hoërskool Jim Fouché (JF) is as die land se beste gekroon op die Suid-Afrikaanse skolekampioenskapsbyeenkoms wat van 7 tot 10 Augustus in Durban aangebied is.

In die groepwedstryde het dit baie goed gegaan, en dié span het die spelers van Alberton Girls High, Hillcrest en Durban College met 5-0 geklop. Hulle het hard gewerk om Durban Girls’ High met 3-2 te troef en na die halfeindronde deur te dring as wenspan in hul groep.

In die halfeindronde het JF Westerville gemaklik met 3-0 verslaan om weer teen Durban Girls’ High te staan te kom – dié keer in die eindronde. Weer was dit ‘n harde stryd en was JF in ‘n stadium 1-2 agter, maar hulle kon die twee dubbelswedstryde beklink om die eindronde met 3-2 te wen.

Die seunspan van JF, wat ook Bloemfontein verteenwoordig het, was vyfde.

Die meisies gaan Suid-Afrika in Desember op die Afrika-skolekampioenskap in Kaapstad verteenwoordig.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article