pluimbal
Die wenspan van die Hoërskool Jim Fouché is van links Charne Cloete, Genevieve Muller, Kayla Labuschagne, Hanél Browne en Giselle van Niekerk. FOTO: Verskaf

JF se pluimbal-meisies beste in SA

pluimbal
Die wenspan van die Hoërskool Jim Fouché is van links Charne Cloete, Genevieve Muller, Kayla Labuschagne, Hanél Browne en Giselle van Niekerk. FOTO: Verskaf

Die meisies-pluimbalspan van die Hoërskool Jim Fouche is gekroon as Suid Afrika se beste tydens die Suid-Afrikaanse skole-kampioenskap wat van 7 tot 10 Augustus in Durban aangebied is.

In die groepwedstryde het dit baie goed gegaan en hulle het Alberton Girls High, Hillcrest en Durban College 5-0 gewen. Hulle het wel hard gewerk om Durban Girls High met 3-2 te troef en deur te dring na die semi-finale as wenner van hulle groep.

In die semi finale het hulle Westerville gemaklik met 3-0 verslaan om weer teen Durban Girls High in die finale te staan te kom. Weer was dit ‘n harde wedstryd en was Jim Fouche in ‘n stadium 1-2 agter, maar hulle kon die twee dubbelswedstryde beklink om die finale 3-2 te wen.

Die seunsspan van Jim Fouché wat ook Bloemfontein verteenwoordig het, het in die 5de plek klaargemaak.

Die meisies gaan Suid-Afrika nou verteenwoordig by die Afrika skole kampioenskappe in Desember in Kaapstad.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article