Die hofsaak teen die verdagtes in die driedubble moord in Wilgehof by die Byenes-dagsorgsentrum in 2023, duur voort.
Mpheng Anna Ntsoeu en Katlego Ronald More staan tereg op die moord van Betsie Kruger (66) en haar dogter Janine Theron (35) en Janine se man, Christo (36).
Die drie is op 28 Junie 2023 in hul huis in Wilgehof vermoor.

Bloemfonteiners is in Julie 2023 geskok toe die grusame toneel ontdek is.
Later het lede van die gemeenskap, kinders wat in die dagsorgsentrum was, asook hul ouers en kinders wat vroeër jare by die skool betrokke was en lede van die Collegians-rugbyklub, ‘n gedenkbyeenkoms voor die huis bygewoon.
Nsoeu was ‘n oudwerknemer by die dagsorgsentrum.
Liza-May Pieters van Netwerk24 berig Trevor Sikhwari, ‘n werknemer van MTN, het Maandag 6 Julie getuig oor die tegniese aspekte van hoe die verdagtes se selfoonsein deur selfoontorings in Bloemfontein bespeur is.

Netwerk24 het vroeër berig Moroe en Ntsoeu wat ‘n selfoon gedeel het, is by ‘n toring by die Nasionale Hospitaal gespeur.
Die lyke van die drie is op Donderdag 29 Junie 2023 om 08:50 in die huis gevind waaruit Kruger die dagsorgsentrum bedryf het.
Die hof het vroeër gehoor al die slagoffers se hande en voete is met elektriese koorde vasgebind.
Die slagoffers is vermoedelik versmoor deurdat sakke oor hul koppe getrek is.
Ntsoeu en Moroe staan tereg op drie aanklagte van moord, een van roof met verswarende omstandighede en twee aanklagte van geldwassery.
Die hofsaak duur voort.






You must be logged in to post a comment.