Donna le Roux is die vrouekampioen van die Mbombela Ope-tennistoernooi. FOTO: Verskaf
Donna le Roux is die vrouekampioen van die Mbombela Ope-tennistoernooi. FOTO: Verskaf

Donna klop topvroue in toernooi in Mbombela


Die oud-Bloemfonteiner Donna le Roux was die naweek vroue-kampioen in die Mbombela Ope-tennistoernooi. Die toernooi is van 17 tot 21 Junie beslis.

Sy het in die eindstryd te staan gekom teen haar dubbelspelspanmaat Morgan Jordaan van Noord-Gauteng, verlede jaar se wenner.

Le Roux, wat aan die Universiteit van Kentucky in Amerika studeer, het Jordaan met 6-1,6-4 geklop en R60 000 prysgeld verwerf.

Morgan Jordaan en Donna le Roux het die dubbelspel gewen. FOTO: Mbombela Ope
Morgan Jordaan en Donna le Roux het die dubbelspel gewen. FOTO: Mbombela Ope

Le Roux en Jordaan, albei 18 jaar oud, het in die dubbelspel te staan gekom teen Niklitha Ndungane en Simoné Swart en hulle gemaklik met 6-2, 6-2 geklop.

Donna was sewende gekeur vir die toernooi.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article