Coenie de Villiers en Deon Meyer
Coenie de Villiers en Deon Meyer

Die Karoo Suites herleef in Odeion

, ,

Een van Suid-Afrika se mees suksesvolle spanningsromanskrywers, Deon Meyer, en musieklegende Coenie de Villiers het die afgelope tien jaar gehore in vervoering gehad met hul Karoo Suite-produksies.

Die vertonings het gehoorlede in groot getalle getrek vir vol sale oor Suid-Afrika heen.

Die vraag van die publiek vir meer van dié Karoo-verhale en -musiek het egter nog nie vervaag nie.

Karoo-keur by Innibos-fees. FOTO: Neels Jackson
Coenie de Villiers (links) en Deon Meyer (regs) in Karoo-keur by Innibos-fees. FOTO: Neels Jackson.

Deon en Coenie keer ná jare terug na die verhoog met ‘n gestroopte en intieme weergawe van die Karoo Suite-produksies. Hierdie aanbieding is getiteld Karoo-keur: Die beste van die Karoo Suites.

Deon is die verteller, en Coenie skuif agter die klawers in, met die mooiste verhale uit die twee produksies – asook ‘n verrassing of twee.

Karoo-keur: Die beste van die Karoo Suites word op Dinsdag 28 Julie, om 19:00, in die Odeion op die hoofkampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) aangebied.

Kaartjies, met pryse van R200 af, kan op quicket.co.za gekoop word.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article