Die Mangaung-metro se brandweerdiens is op die toneel waar ‘n veldbrand vanmiddag by die Brandkop-renbaan in Pellissier uitgebreek het.
Securefire was ook op die toneel, sowel as ander vrywilligers, om te help om die verspreiding van die brand te beperk.
Vrywilligers van die Brandkop-parkrun sal Saterdag 27 Junie voor die begin van die parkrun seker maak dat die terrein veilig is vir deelnemers. Die parkrun begin om 08:00.




