Die Vrystaatse departement van gesondheid het nou ‘n elektriese subkontrakteur aangestel om te werk aan die elektriese probleme by die Bloemfontein-lykshuis.
Mondli Mvambi, woordvoerder van die departement het gereageer nadat die disseksie-saal by die lykshuis om 16:00 op 15 Julie deur die departement van arbeid gesluit is. Mvambi sê outopsies is daarna op 16, 17 en 20 Julie in die Botshabelo-lykshuis gedoen.
“Die nadoodse ondersoeke van 12 lyke is in die tyd uitgevoer om die impak op die families en die regstelsel so min moontlik te ontwrig.”
Die departement het intussen die kontrakteur aangestel wat die elektriese kabel wat gevandaliseer en gesteel is, reg te maak.
“Die kabel was nie in Bloemfontein beskikbaar nie en dit moes van Johannesburg bestel word. Die kabel het Woensdag aangekom en die werk word vandag voortgesit om die elektriese konneksies te herstel.”
Mvambi sê die installasie van die lugversorgingseenheid is afgehandel en moes nog net gekoppel word, wat ‘n nuwe kabel benodig. Die stelsel verskaf warm en koel lug en dit ontrek lug uit die outopsielokaal wat gebreek was. Die konneksie kan egter nou gedoen word.
Die sluiting van die outopsie-lokaal en die ingryping van die departement van arbeid se intervensie volg op klagtes van die Public Servants Associations (PSA) wat met forensiese patologiese amptenare gepraat het oor die onveilige toestande waarin personeel moet werk.
Lees ook die berig in BloemNuusExpress hier: Closure of dissection hall at Bloemfontein Government Mortuary welcomed.




