BloemNews
-
Sy het verlede jaar vir die pret die eerste keer aan ’n sterkmankompetisie by die skool deelgeneem en onlangs internasionale rekords in kragoptel verbeter.
-
Twee lesers kan elk twee bottels wyn wen, met die komplimente van Bloemnuus en Vin Do.
-
-
Die modeparade wat Saterdag (01/10) by Bloemshelter aangebied is, is die belowende begin van ’n goeie samewerkingsverhouding tussen dié organisasie en Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkel.
-
Altesaam 15 opgewonde spanne het op 24 September om 08:00 weggespring om Bloemfontein in hul eie Amazing Race te deurkruis.
-
Ná ’n onderbreking van twee jaar bied die Loch Logan-waterfront en Bloemnuus weer vanjaar die Matriekrok van die jaar-kompetisie aan.
-
Die eerste lentemaand het in die noorde van Bloemfontein slegs drie buitjies opgelewer, met altesaam 11 mm reënval. Nou staan die algehele reënval vir die jaar op 667 mm. Die jaargemiddeld is 560 mm.
-
Studie vir doktorale navorsing het gelei tot ’n besonderse koffietafelboek oor kunswerke wat krygsgevangenes tydens die Anglo-Boereoorlog (ABO) gemaak het.
-
’n Aangrypende video van drie van die Martie du Plessis-skool se leerlinge wat bo hul uitdagings uitgestyg het, het gaste meegevoer op dié skool se 18de Aand van die Sterre-geleentheid, wat op 22 September aangebied is.
-
Opgewondenheid heers in Langenhovenpark se meer landelike woonbuurt aan die westekant van die stad, oor ’n nuwe inwonerprojek waardeur koppies omhein gaan word sodat wild daar geplaas kan word.









