BloemNews
-
’n Gesiggestremde vrou van Tergniet in die Wes-Kaap, wat behoorlik met breipenne woeker, het meer as 100 vierkante vir die Brei vir Bloem-projek gebrei.
-
Die einde van ’n era het die hoof van die Laerskool Sand du Plessis by tye bewoë gelaat terwyl personeel en leerlinge op ’n geleentheid Donderdag (16/03) van hom afskeid geneem het.
-
Die pragtige produkte wat as voorbeeld dien van hoe ’n volhoubare waardeketting vir wolboere bedryf kan word, is die afgelope paar jaar op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Paradys-proefplaas ontwikkel en het nou volsterkte bereik.
-
Die bal is aan die rol en daar word hard beplan aan die De Oude Kraal-landgoed buite Bloemfontein se immergewilde WildsKOSfees.
-
Die afgelope tyd kuier my onthou kort-kort rond in ’n era van my lewe langer as dertig jaar gelede. Ek kan geeneen van hierdie grepe wegbêre nie, want die lig wat in daardie tyd vir my opgegaan het, loop vandag steeds saam met my die pad.
-
-
-
Die Human Auto-familie bars van trots nadat dié groep talle van Ford se top-trofees verower het op die Ford-handelaarstoekeningsgeleentheid op 10 Maart by Emperor’s Palace in Kemptonpark.
-
Die Cheetahs pak die Bulle Vrydag (24/03) om 17:05 in die Toyota-stadion in Bloemfontein. Om 14:30 ding die o.20-spanne teen mekaar mee.
-
Bloemfonteinse rolbalspeler Michiel Kruger het op die Internasionale rolbalvereniging vir gesiggestremdes (IBBA) se wêreldkampioenskapsbyeenkoms ’n silwermedalje ontvang.







