Pragtige handgemaakte items sal te koop wees.
Pragtige handgemaakte items sal te koop wees.

Afrika-Kersfees Wonderland met wilde diere wag by Liggiefees op almal

, , , ,

Vanjaar wag ‘n behoorlike Afrika-Kersfees op besoekers aan die Vrystaat-Nasorgsentrum se Liggiefees. Dit gaan vanjaar beslis groter en beter wees as ooit tevore.

Francois Prinsloo, die sentrum se bestuurder, sê al die produkte wat op die mark te koop is, word in die werkswinkels hier gemaak.

“Daar word al maande gewerk om lewensgroot diere van draad te maak en met liggies te versier. Almal is baie opgewonde oor vanjaar se Liggiefees.”

Maryna Engelbrecht (links) en Bongiwe May
Maryna Engelbrecht (links) en Bongiwe May met die maanhaar-leeu, een van die Afrika-diere op vanjaar se Liggiefees. FOTO’S: Lientjie Mentz

Jacob Molehe is die man met die vaardige hande. Hy het al ‘n luiperd, ‘n leeu en twee poue, asook ‘n reuse-kameelperd, van draad gemaak.

In die AVBOB-werkswinkel word liggies om die draad gedraai om op die fees tot ‘n skouspel van liggies met ‘n Afrika-tema by te dra.

Liz Conradie in die houtwerkklas.
Liz Conradie in die houtwerkklas.

Die Afrika-tuin sal aansluit by die talle voorwerpe wat reeds verlede jaar gemaak is met die eerste lang Liggiefees wat hier aangebied is.

Die fees duur vanjaar van 13 tot 29 November – elke aand van 18:00 tot 22:00, behalwe op Sondae.

Die publiek kan die sentrum elke aand besoek om na die liggies te kyk, en drie sale vol Kersprodukte te besoek.

LEES OOK: Jou R500-inkopies by Pick n Pay Preller Walk kan jou nuwe kar wees.

Dié produkte sluit in houtwerk, naaldwerk, kunsprodukte en dierespeelgoed, asook tuisgebakte koekies en ander tuisgebak.

Besoekers aan die Liggiefees kan by die Koskuierkol aan wegneemkos smul; boonop sal plaaslike kunstenaars op Vrydae en Saterdae hier optree.

Geen toegangsgeld word gevra nie, maar besoekers is welkom om ‘n vrywillige skenking te doen.

“Kom kuier saam en geniet die Kersatmosfeer op vanjaar se Liggiefees,” nooi Prinsloo en die span van die Vrystaat-Nasorgsentrum.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article