Van Nissan-bakkies en veteraanmotors, tot hierdie Shelby, was te sien op vanjaar se Cars in the Park.
Van Nissan-bakkies en veteraanmotors, tot hierdie Shelby, was te sien op vanjaar se Cars in the Park.

Wiele wat harte warm laat klop

, ,
Van Nissan-bakkies en veteraanmotors, tot hierdie Shelby, was te sien op vanjaar se Cars in the Park.
Van Nissan-bakkies en veteraanmotors, tot hierdie Shelby, was te sien op vanjaar se Cars in the Park.

Johan Naudé
Johan Naudé van die Goudveld het op Dinsdag 16 Junie sy 1979-Chev C10 Custom Deluxe op die sportveld van die
Martie du Plessis-skool in Bloemfontein kom uitstal vir die Vrystaatse Veteraanmotorklub se Cars in the Park. Naudé vertel hy het jare gelede, toe hy hog in die polisie in Bloemfontein was, só ‘n Chevrolet-bakkie as diensmotor gehad en homself beloof dat hy ook eendag so ‘n bakkie sou besit. Sowat vier jaar gelede het hy hierdie blou Chev gekoop en intussen ‘n paar luukshede soos kragstuur en lugversorger aangebring. Hy sê dit is beslis nie ‘n bakkie wat net in die motorhuis staan nie – hy geniet dit om met die Chev rond te ry. FOTO’S: Lientjie Mentz
Joshua Esterhuizen en Riku Potgieter
Die maats Joshua Esterhuizen en Riku Potgieter (albei 10) het hul besoek aan Cars in the Park baie geniet. Hul gunsteling-motor op die uitstalling was ‘n swart Mustang. Hier is hulle op een van die trekkers van die Vrystaatse Veteraantrekkervereniging.
Omar en Iqra Issa met Arham (2)
Omar en Iqra Issa met Arham (2) by 16 Junie se Cars in the Park.
Debbie en Dirkie Conradie in hul partytjie-motor
Debbie en Dirkie Conradie in hul partytjie-motor wat mense vir gesellighede kan huur vir ‘n oulike foto-hoekie.
Lindi Dreyer met haar susterskind Zanli Pretorius (3)
Lindi Dreyer met haar susterskind Zanli Pretorius (3), wat haar verkyk het aan Debbie en Dirk Conradie se 1976 Datsun 14 Y waarmee die egpaar verlede jaar aan die Bul Run op Van Wyksvlei deelgeneem het. Dit was veral klein Mack op die enjinkap wat vir Zanli baie mooi was.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article