Tien mans is in hegtenis geneem op Bloemfontein se suidelike stortingsterrein.
Tien mans is in hegtenis geneem op Bloemfontein se suidelike stortingsterrein. FOTO: Bloemsec

Tien verdagtes in hegtenis geneem op suidelike stortingsterrein

,
Tien mans is in hegtenis geneem op Bloemfontein se suidelike stortingsterrein.
Tien mans is in hegtenis geneem op Bloemfontein se suidelike stortingsterrein. FOTO: Bloemsec

Tien verdagtes is Maandag 20 April in hegtenis geneem danksy goeie samewerking van private sekuriteitsfirmas en die polisie in Bloemfontein.

Ricus Slabbert van Bloemsec sê die inhegtenisneming volg op ‘n insident waar Bloemsec reageer het op inligting van ‘n inbraak by ‘n onderneming in Ferreira gedurende die naweek.

Die verdagte is in hegtenis geneem en hy het die area by die suidelike stortingsterrein uitgewys waar die vermoedelik gesteelde eiendom was.

Tien mans is in hegtenis geneem op Bloemfontein se suidelike stortingsterrein.
Fietse en ander vermoedelik gesteelde besittings wat in ‘n operasie op die suidelike stortingsterrein gevind is. FOTO: Bloemsec

‘n Span saamgestel uit Bloemsec se Rapid Response Unit, Fidelity ADT en Bloemfontein K9-honde-eenheid het na die terrein op die stortingsterrein gegaan en die verdagtes, wat met die voorval verbind kan word, het probeer vlug. Hulle is almal deur die span in hegtenis geneem.

Lt. kol Thabo Covane, woordvoerder van die polisie, sê 160kg se koperkabels, 20kg geelkoper, vyf sakke vol aluminium, pype en krane is op die toneel gevind. Nog voorraad wat vermoedelik gesteel is sluit in vier bergfietse, ‘n kruiwa, luidsprekers, kraggereedskap, agt voertuigbatterye en tuintoerusting.

Covane sê binne die tydelike strukture is ook dwelms soos Crystal meth, dagga en Mandrax met ‘n geskatte straatwaarde van R5 000 gevind. Kontant wat glo uit dwelmverkope verkry is, is saam met die dwelms gekonfiskeer.

Hy sê die tien verdagtes, wat in hegtenis geneem is, is tussen 18 en 45 jaar en sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Die Kagisanong-polisie ondersoek sake wat insluit die beskadiging en vernietiging van noodsaaklike infrastruktuur, die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en die besit en handel in dwelms.

Also read: Police commissioner appears in court over R228 million tender scandal.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article