Bloemhof skitter in fietsry - WP Champs XCC- en XCO-wedrenne
Bloemhof fietsryer (Keanu Photography)

Bloemhof-fietsryers skitter – WP Champs XCC- en XCO-wedrenne


Bloemhof-fietsryers skitter in fietsry. Die skool se bergfietsryers het hul harte uitgery! Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch, is baie trots op hierdie drie talentvolle bergfietsryers. Abbi, Lara en Isabel het verlede naweek aan die WP Champs XCC- en XCO-wedrenne by Bloemendal deelgeneem. Hulle het nie net hul skool se naam hoog gehou nie, maar ook uitstaande uitslae behaal!

Saterdag – XCC-wedren

  • Abbi het met vasberadenheid ’n 6de plek algeheel losgery.
  • Lara het haar krag en tegniek gewys en die 1ste plek behaal.
  • Isabel het net agter haar spanmaat gefinis en ’n 2de plek ingepalm.

Sondag – XCO-resies

  • Isabel het weer haar konstante vorm getoon en ’n 2de plek behaal.
  • Lara het die veld oorheers en is gekroon as Wes-Kaapse kampioen in haar ouderdomsgroep!
Bloemhof fietsryers by WP Champs XCC- en XCO-wedrenne

Hierdie prestasies is ’n bewys van hierdie drie meisies se harde werk, uithouvermoë en passie vir bergfietsry.

Baie geluk, Bloemhoffers – julle is ware kampioene!

https://hmsbloemhof.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article