Van die dwelms wat tydens die padblokkade gekry is.

Bewaarder ‘met kondome, sekspille, dwelms en selfone betrap’


‘n Tronkbewaarder by die Goodwood Korrektiewe Sentrum buite Kaapstad sal na verwagting binnekort in die hof verskyn nadat lede van die polisie se teenbende-eenheid hom na bewering met onder meer kondome, dwelms en selfone tydens ‘n padblokkade betrap het.

Die verdagte is Woensdag omstreeks 06:40 voorgekeer tydens die padblokkade by die gevangenis wat deur dié eenheid, sowel as die departement van korrektiewe dienste se noodgeval-ondersteuningspan, uitgevoer is. Sy voertuig is deursoek waarna daar op 600 Mandrax-tablette, 100g tik, 300g dagga, 23 selfone, drie stelle oorfone en vyf geheuestokkies vir rekenaars afgekom is. Altesame tien kondome en 60 libido-tablette is ook in sy voertuig gekry.

Operasie

Singabakho Nxumalo, nasionale woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het die gesamentlike operasie waartydens personeellede se voertuite by die ingang van die sentrum deursoek is, en die inhegtenisname van die beampte bevestig.

Nxumalo sê altesaam 24 voertuie en 30 mense is deursoek. “Tydens die operasie is een personeellid met smokkelware in sy voertuig betrap. Hy is onmiddellik deur die polisie in hegtenis geneem, en ´n strafsaak is teen hom geopen,” sê hy.

Nxumalo sê die department bly daartoe verbind om ´n veilige, en smokkelware vrye fasiliteit te skep en dat diegene wat poog om sulke goedere by die fasiliteit in te smokkel, geïdentifiseer en aanspreeklik gehou sal word.

“Waar misdadige gedrag vasgestel word, sal die oortreders die volle mag van die reg in die gesig staar,” sê hy.

Hof

Volgens kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, is die waarde van die goedere sowat R65 000.

Hy sê die 47-jarige verdagte sal in die Goodwood-landdroshof verskyn sodra hy amptelik aangekla word. Hy word deur klagte van dwelmhandel in die gesig gestaar, sê die polisie.

LEES OOK: Goodwood neighbourhood watch sectors officially accredited

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article