Die gelowige Constance (Connie) Scholtz is wreed in haar huis deur haar suster, Aletta Rose, vermoor. Foto: Verskaf
Die gelowige Constance (Connie) Scholtz is wreed in haar huis deur haar suster, Aletta Rose, vermoor. Foto: Verskaf
TygerBurger

Vrou soek borgtog ná suster se gru-moord in Bellville-Suid

Die gelowige Constance (Connie) Scholtz is wreed in haar huis deur haar suster, Aletta Rose, vermoor. Foto: Verskaf
Die gelowige Constance (Connie) Scholtz is wreed in haar huis deur haar suster, Aletta Rose, vermoor. Foto: Verskaf

KAAPSTAD – Aletta Rose (63), die vrou wat van die grusame moord op haar suster Constance “Connie” Scholtz (79) aangekla word , het op Maandag 5 Mei 2026 in die hof verskyn.

Dit het tydens haar hofverskyning aan die lig gekom dat Rose van voorneme is om vir borgtog aansoek te doen. Die saak is gevolglik tot 12 Mei uitgestel sodat die borgtogansoek aangehoor kan word.

LEES OOK: Gru-moord: Auntie Connie was gelowige vrou

Bly in aanhouding

Soos vroeër berig, is Scholtz op 19 Maart in haar woning in Davidsstraat, Bellville-Suid, gevind – onthoof en dele van haar liggaam – ook haar hand – afgesny. Dele van haar liggaam is oral in die huis versteek.

Rose is op die toneel aangetref en het aanvanklik ‘n vals verklaring afgelê voordat sy in hegtenis geneem is toe sy probeer vlug het. Sy het wel later met polisiespeurders saamgewerk en aangedui waar ander liggaamsdele gevind kon word.

Die motief agter die gruwelike daad word steeds ondersoek.

Scholtz sou op 17 April haar 80ste verjaardag vier.

LEES OOK: Aletta Rose-saak uitgestel tot Mei

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article