Verskeie spaza-winkels is in Langerug, in Franschhoek beroof. Foto: Argief’/ Jana Scheepers

FRANSCHKOEK – Agt verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ‘n reeks rooftogte wat gister (12 Maart) tussen 11:00 en 12:00 by drie spaza-winkels in die Langrug- informele nedersetting in Franschhoek plaasgevind het.

Volgens konst. Ndakhe Gwala, ‘n Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, is die polisie ontbied nadat inligting oor die rooftogte ontvang is.

Lede van die Paarl se misdaadvoorkomingseenheid het later die verdagtes se voertuig in die Paarl opgemerk, volgens Gwala.

LEES: Franschhoek Safety Initiative reflects op progress at first AGM

Die polisie het die verdagtes gestop en tydens die ondersoek kontant, selfone en sigarette in hul besit gevind wat vermoedelik in die rooftogte gesteel is.

Die agt verdagtes sal na verwagting in die Paarl-landdroshof verskyn sodra hulle formeel aangekla is.

Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article