ODENDAALSRUS – Vanjaar se Odensia-aand-reeks het weer wonderlike laerskoolrugby en -netbal opgelewer.
Daar is altyd talentvolle seuns en meisies wat seker maak die wedstryde is op-
windend.
Die 27ste Vista Odensia-aandreeks was geen uitsondering nie. Om ‘n geleentheid soos die Odensia-aandreeks aan te bied, kan glad nie plaasvind sonder die ondersteuning van borge nie.

Odensia is dankbaar vir die onbaatsugtige ondersteuning van die gemeenskap en besighede van Odendaalsrus en Welkom.
Piet Odendaal, skoolhoof van Odensia is dankbaar vir elke borg se ondersteuning, wat dit vir Laerskool Odensia moontlik maak om die aandreeks aan te bied.
‘n Groot dankie aan die personeel vir hulle opoffering sodat alles elke dag glad verloop het.
Hy sê die ondersteuning van die ouers dra by tot die lekker atmosfeer tydens die aandreeks.
“Dankie vir elke skool se ondersteuning en dat julle, julle spanne die geleentheid gegee het om deel te neem. Dankie vir elke rugby- en netbalspeler vir julle deelname.”
Odendaal het die wenners van elke afdeling geprys en genoem dat die gehalte van die netbal en die rugby uitstekend was.
“Talent ontbreek beslis nie. Ons het elke wedstryd geniet en daar was baie verrassings. Ons vertrou dat al die spanne die geleentheid gehad het om hulself beter voor te berei vir die ligawedstryde van volgende kwartaal. Dit geniet het om deel te wees van die Odensia Aandreeks,” sê hy.
Hy sluit af om te sê dat goeie sportmangees die belangrikste element is van deelname aan sport.
“Dit maak dat elke kind ‘n wenner is. Daar sal altyd verloorders wees tydens ‘n wedstryd, maar almal is in werklikheid ‘n wenner in hom- of haarself en daarom het ons as ouers en afrigters ‘n belang-
rike taak om goeie sportmangees by ons kinders te kweek. Ek vertrou dat almal die vyf dae van laerskoolrugby en -netbal en die feestelike atmosfeer hier saam met ons geniet het.
“Ons sien almal weer volgende jaar.”









You must be logged in to post a comment.