Hoërskool Fichardtpark se o.15A-netbalspan het Saterdag deelgeneem aan die Motsepe Cup-toernooi in die Vrystaat. Hulle het uitgeblink en ‘n puik tweede plek tydens die Motsepe Cup-toernooi behaal. Hierdie prestasie is ’n bewys van harde werk, spanpoging en die ware Fichie-gees wat elke speler op die baan bring.
Die o.15A-Netbalspan het met styl en selfvertroue deur die toernooi gestap en die volgende indrukwekkende uitslae aangeteken:
- vs Parys: 30–3
- vs Witteberg: 20–7
- vs Bothaville: 28–1
- vs Welkom Gim: 21–9
In die semi-finaal het Fichies hul krag ten volle gewys met ’n oorwinning van 26–5 teen Wilgerivier. Die pad na die finaal was dus vol oorwinnings en opwinding.
Teen die sterk span van Hoër Meisieskool Oranje het die Fichie-meisies dapper vasgebyt, maar moes uiteindelik met 17–10 die knie buig. Alhoewel die beker net buite bereik was, het die span se prestasie hul plek verseker om later vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deel te neem. Dit is ’n ongelooflike mylpaal!
“Baie geluk aan elke speler, afrigter en ouer wat met toewyding en ondersteuning hierdie sukses moontlik gemaak het. Julle maak die hele Fichardtpark-gemeenskap trots!”




