Nasionale Rekenaarolimpiade -Waterkloof se slimkoppe blink uit
Gr. 12 Slimkoppe tydens Rekenaar Olimpiade

Nasionale Rekenaarolimpiade -Waterkloof se slimkoppe blink uit


Nasionale Rekenaarolimpiade – Hoërskool Waterkloof se slimkoppe het aan die eerste rondte van die Nasionale Rekenaarolimpiade deelgeneem en uitgeblink.

Die eerste rondte van die Nasionale Rekenaarolimpiade het vroeg in Mei afgeskop en meer as sesduisend vyfhonderd leerders van regoor Suid-Afrika het hul tegnologiese vernuf teen mekaar gemeet. Tussen hierdie groot groep het dertig entoesiastiese Klofies met trots hul skool se naam hoog gehou.

Die Olimpiade is nie sommer net ’n toets nie – dit vra logiese denke, probleemoplossing en uitmuntende rekenaarvaardighede. Klofies het gewys dat hulle beslis die uitdaging kan baasraak!

Hoërskool Waterkloof is ongelooflik trots om te deel dat 8 van hul Gr. 12-leerders deurgedring het na die tweede rondte wat op 3 Junie 2026 plaasgevind het:

  • Henriqueo Rose-Innes
  • Kyle Knoetze
  • De Jager Burger
  • Lumari Scherman
  • Keanu van den Heever
  • Rut van Hoven
  • Jack Brevis
  • Wian van Niekerk

“Julle harde werk en talent maak Hoërskool Waterkloof trots en wys dat die toekoms van tegnologie in bekwame hande is.”

https://klofies.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article