Bethlehem Voortrekker Hoërskool se harte klop vol trots! Baie geluk aan die twee uitmuntende BVHS leerders wat wat deur is na die ATKV‑Redenaars Nasionale Rondte.
Na ’n indrukwekkende vertoning in die semi‑finaal het die volgende leerders hul plek verseker vir die groot eindstryd wat op 4 Augustus by Klein Kariba plaasvind:
Lisa Rautenbach (Graad 12) – Afrikaans Huistaal, Onvoorbereide afdeling
Layya Latiff (Graad 8) – Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Voorbereide afdeling
Hierdie prestasie getuig van Lisa en Layya se harde werk, toewyding en die krag van woorde. Julle redenaarsvernuf en passie inspireer die hele BVHS‑gemeenskap.
BVHS is ongelooflik trots op julle en wens julle alle voorspoed toe vir die nasionale rondte – gaan wys wat BVHS kan doen!
Lees meer skolenuus hier: https://novanews.co.za/






