Hoërskool Fichardtpark se o.15A‑netbalspan het Saterdag, 13 Junie, by die Motsepe Cup Netbal-toernooi ’n uitmuntende tweede plek in die Vrystaat behaal. Hierdie talentvolle groep dogters het met vasberadenheid en spanwerk hul pad na die finaal oopgespeel en die Fichie‑gees met trots verteenwoordig.

Uitslae op pad na die eindstryd:

  • Wen 30–3 teen Hoërskool Parys
  • Wen 20–7 teen Hoërskool Witteberg
  • Wen 28–1 teen Hoërskool Bothaville
  • Wen 21-9 teen Welkom Gimnasium

In die semi‑finaal van die Motsepe Cup Netbal-toernooi teen Wilgerivier – wen Fichies 26–5 Finaal: teen Hoër Meisieskool Oranje – verloor hulle 10–17

Alhoewel die finaal teen Oranje nie na Fichies se kant toe geval het nie, het die span se prestasie hul plek verseker om later vanjaar aan die SA Kampioenskappe deel te neem – ’n merkwaardige mylpaal!

Hoërskool Fichardtpark is ongelooflik trots op elke speler, afrigter en ouer wat met toewyding en ondersteuning hierdie prestasie moontlik gemaak het. Julle harde werk en onwrikbare gees is die ware rede vir hierdie sukses.

https://fpark.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article