In ’n yskoue Bloemfontein het Hoërskool Nelspruit se debatspanne onlangs hul stemme laat hoor tydens die ATKV-Debatskompetisie se semi-finaal. Die spanne het op Saterdag, 30 Mei, by die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje kragte gemeet teen top-debatspanne van Mpumalanga, Noordwes, Vrystaat en die Noord-Kaap.
Die jong redenaars het hul vaardighede getoets oor twee uitdagende onderwerpe:
- Juniors: Skoolkinders moet (nie) ’n aktiewe rol in natuurbewaring speel (nie).
- Seniors: Suid-Afrikaanse universiteite moet (nie) studente hoofsaaklik vir ’n professionele loopbaan voorberei (nie).
Met passie en deursettingsvermoë het die Nellies hul argumente met oortuiging aangebied en die koue Bloemfontein-winter met vurige debat verlig.
Die nasionale finaal vind op 3 Augustus by ATKV-Klein-Kariba plaas. Ons wag met groot opgewondenheid op die aankondiging van die spanne wat gaan deurdring en wens al ons NHS-debatspanne sterkte toe vir die pad vorentoe.






You must be logged in to post a comment.